Verander die styl van die rand van 'n vorm (sirkel/reghoek/veelhoek)
Teken die vorm
- In die boonste nutsbalk sal jy die nommer vir die lyndikte sien. Regs van die lyndikte-keuse, klik op die huidige lynstyl wat die nutsaanwysing vertoon: "Change line/border style".
- In die aftrekkieslys, kies wat die oorspronklike lynstyl sal wees.
Byvoorbeeld; 'n soliede lyn, sonder pylpunte.
- In die Kaart Bekyk, teken die vorm.
Om te leer hoe; besoek hierdie skakels:
Verander die rand se styl
- In die boonste nutsbalk, klik op die huidige lynstyl. Klik dan om die nuwe lynstyl in die aftrekkieslys te kies.
Kies byvoorbeeld die nuwe lynstyl as: 'n stippellyn.
- In die boonste nutsbalk, kies die "Fill/Change Colour Tool".
- In die Kaart Bekyk, klik op die rand.
Jy sal sien die rand het die nuwe styl.
Sien ook
Verander die patroon van die vulgebied van 'n vorm (sirkel/reghoek/veelhoek)
Verander die randdikte van 'n vorm (reghoek, sirkel, veelhoek)
Verander die kleure van die rand en vulgebied van 'n vorm (sirkel/reghoek/veelhoek)
Vee die rand van 'n vorm uit (reghoek/sirkel/veelhoek)
Vee die vulgebied van 'n vorm uit (reghoek/sirkel/veelhoek)
Laas opgedateer